Getroud vs Saamwoon en Die Wet

Vir díe wat besluit om saam te woon en nie wetlik in die huwelik wil tree nie, is dit van belang om te onthou dat saamwoon nie as ’n wetlike verhouding geag word deur Suid-Afrikaanse wetgewing nie.

https://www.divorcelaws.co.za/the-law-on-cohabitation.html

Die Suid-Afrikaanse Reg verleen nie dieselfde beskerming aan ’n saamwoonverhouding as wat dit verleen aan persone wat wettiglik getroud is nie.

Paartjies wat wettiglik getroud is (ñ siviele verbintenis), kan bv. intestaat van mekaar erf. Dus, indien enige van die partye sterf sonder dat ’n geldige testament bestaan, het die persoon kragtens die Wet op Intestate Erfopvolging, intestaat gesterf en sal die naasbestaandes soos onmiddellike familie (pa, ma, broers en susters) in aanmerking geneem word vir die erf van die oorledene se boedel. Die langslewende maat sal nie ’n outomatiese reg hê om van die boedel te erf nie.

Verder het die partye in ’n saamwoonverhouding nie die wedersydse verpligting om mekaar te onderhou nie, soos in die geval is met partye wat ’n geldige huwelik voltrek het. Dus, indien die verhouding nie sou werk nie, het die partye nie die reg om onderhoud van mekaar te eis nie.

Normaalweg laat Suid-Afrikaanse banke ook nie toe dat partye in saamwoonverhoudings ’n gesamentlike rekening open nie, soos wat moontlik is vir partye wat ’n geldige huwelik voltrek het. Wat die partye wél kan doen is om die bankrekening in een van die partye se naam te open en tekenreg te verleen aan die ander party. Alhoewel die persone die rekening in die praktyk saam gebruik, sal slegs die persoon in wie se naam die rekening is, aanspreeklik wees teenoor die bank vir enige oortrokke fasiliteite, bankkostes of lenings op die betrokke rekening aangegaan. Die teendeel sal egter geld waar partye getroud is en ’n gesamentlike rekening geopen het: beide partye is dan gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik teenoor die bank.

Ons howe het egter al gepoog om tot ’n mate van hulp te wees vir die partye in saamwoonverhoudings wat nie uitgewerk het nie, deur te bevind dat ’n uitdruklike of implisiete universele vennootskap tot stand gekom het, en dat die partye wesenlik soos vennote teenoor mekaar opgetree het, sonder dat ’n geldige ooreenkoms onderteken is. In sulke gevalle het die hof dan gehelp om die bates wat gedurende die vennootskap verkry is, te verdeel.

Dit is egter belangrik om te onthou dat, ten einde te slaag met ’n eis op grond daarvan dat ’n universele vennootskap tot stand gekom het, die volgende bewys moet word:

Beide partye het bygedra tot die vennootskap, hetsy finansieel of met ’n spesifieke vaardigheid;
Die vennootskap was bedryf tot voordeel van beide partye;
Die vennootskap was bedryf met ’n winsoogmerk;
Dat ’n universele vennootskap dus tot stand gekom het.

Indien dit die wedersydse bedoeling is dat die partye van mekaar wil erf, moet hulle ’n prokureur spreek en ’n testament opstel waarin hulle lewensmaat pertinent as begunstigde benoem word. Dit is nie ’n vereiste dat ’n gesamentlike testament opgestel word nie; die inhoud daarvan is konfidensieel en jy is geregtig op jou privaatheid.

Indien die paartjie eiendom saam wil koop, moet die partye sorg dat die titelakte beide partye se name aantoon en dat die eiendom dus as sodanig geregistreer word by die aktekantoor.

Dit is ook belangrik dat indien dit die partye se bedoeling is om mekaar wedersyds te onderhou, daardie voorneme op skrif gestel word.

Partye kan voortgaan om ’n saamwoonooreenkoms te laat opstel deur hulle prokureur. In die betrokke ooreenkoms kan die persone behoorlik uiteensit wat elkeen se verpligting teenoor die gesamentlike huishouding is, wat hulle wedersydse onderhoudsverpligtinge is, wat met die roerende en onroerende eiendom by die ontbinding van die verhouding moet gebeur, en ander finansiële aspekte ten opsigte van die verhouding.

Indien die partye nalaat om die bovermelde ooreenkoms op te stel, het hulle geen beskerming kragtens die Suid-Afrikaanse Reg nie, behalwe indien hulle die totstandkoming van ’n universele vennootskap kan bewys.

Daar bestaan egter wél Suid-Afrikaanse wetgewing wat gelyke beskerming verleen aan saamwoonverhoudings en huwelike💒

Die bogenoemde is ‘n baie breedvoerige uiteensetting van saamleefverhoudings en die wetlike aspekte in Suid-Afrika. Dit kan nie as formele regsadvies beskou word nie.

Book An Appointment

Personal Information
How Can we Help You?
Liquor Licensing
General Consultation
Family Law
Family Mediation
Maintenance
Domestic Violence
Firearm Related Matters
Debt Collections
Medical Negligence Claims
Road Accident Fund Claims
Estate Administration
Commercial Law
Divorce Law
Children's Law
Criminal Law
Labour Law
Property Law
General Litigation
Maximum file size: 100 MB