Hof van Klein Eise

Al gehoor van die Hof van Klein Eise?

📣Wie en wat is die Hof van Klein Eise en wanneer verwys mens ñ saak na dié Hof toe?

Die Hof van Klein Eise bied ‘n vinniger en makliker manier om sekere siviele geskille met eise wat tot R20 000.00 beloop, op te los. Die hofverrigtinge is informeel. Jy het nie ‘n prokureur nodig om jou by ‘n Hof vir Klein Eise te verteenwoordig nie. Prokureurs mag nie die partye in die hof verteenwoordig nie, MAAR

Jy mag – vir jou eie koste – ñ prokureur gaan sien vóór die Hofverrigtinge om jou te adviseer.

📣Eise kan nie teen die volgende aangeleenthede ingestel word nie:

Om teen ‘n uitspraak of bevel van ‘n hof te gaan.
eise wat meer as R20 000 beloop, eise teen die staat, plaaslike munisipaliteit of plaaslike regering, eise vir die amptelike nietigverklaring van ‘n huwelik, eise wat handel oor die geldigheid van ‘n testament, eise oor toerekeningsvatbaarheid en eise waarin jy spesifieke optrede vereis sonder ‘n alternatiewe eis vir skadevergoeding (behalwe as jy eis vir goedere wat nie meer as R20 000 werd is nie).

📣Hoe stel ek ñ Eis in by die Hof van Klein Eise?

As die persoon wat jou geld skuld weier om te betaal, moet jy ñ skrywe (aanmaning) aan hom/haar stuur. Al die feite en die spesifieke bedrag waarop jy eis, moet in die brief aangedui word. Die brief moet persoonlik of per geregistreerde pos afgelewer word.
Sodra die persoon die brief ontvang het, kry hy/sy 14-dae om die eis te besleg. As die persoon wat jou geld verskuldig is, die eis binne 14-dae nie betaal het nie, gaan na die Hof van Klein Eise by jou naaste landdroshof

📍Landdroshof Brits
Van Velden Straat

📣Die volgende stawende dokumentasie moet ingedien word:

‘n kopie van die brief / enige kontrak of ooreenkoms tussen jou en die persoon wat die eis kan bewys / ‘n posstrokie of enige ander dokument wat bewys kan lewer dat die eisbrief aan die persoon oorhandig is en diepersoon se persoonlike en kontakbesonderhede.

 

Book An Appointment

Personal Information
How Can we Help You?
Liquor Licensing
General Consultation
Family Law
Family Mediation
Maintenance
Domestic Violence
Firearm Related Matters
Debt Collections
Medical Negligence Claims
Road Accident Fund Claims
Estate Administration
Commercial Law
Divorce Law
Children's Law
Criminal Law
Labour Law
Property Law
General Litigation
Maximum file size: 100 MB