📣Wat gebeur sou iemand oor ñ naweek, na-ure of op ‘n openbare vakansiedag ge-arresteer👮♂ en toegesluit word. Kan so ñ persoon op borg vrygelaat word?
🖌Om toegesluit te word op ñ Vrydag middag is nie die beste manier om jou naweek mee te begin nie. Gelukkig is daar iets soos na-uurse borgaansoeke en kan borgtog buite die Hof toegestaan word. Die bepalende faktor gaan wel wees waarvoor jy aangkla word.
🖌Die Strafproseswet 51 van 1977 het verskeie skedules waarin al die misdrywe uiteengesit word en word borgtog dan dienooreenkomstig die skedule waaronder die misdryf val toegestaan.
https://www.justice.gov.za/legislation/acts/1977-051.pdf
🖌Faktore wat bv. in ag geneem gaan word is of jy oor ñ vaste woonadres beskik, enige vorige veroordelings het, en jy jou verhoor sal bywoon en nie gaan vlug nie.
🖌Wanneer jy gearresteer word het jy itv artikel 35 van die Grondwet die reg om met jou prokureur in verbinding te tree. Jou prokureur sal dan met die ondersoekbeampte onderhandel en hoor wat die klagte teen jou is en wat die borgtog bedrag gaan wees.
🖌Jou prokureur 🧑⚖ kan met die ondersoekbeampte 👮♂ reël om vrygelaat te word op borgtog vir misdade soos bv.
⚖Gewone aanranding,
⚖Diefstal (bv winkeldiefstal) met ‘n waarde onder R2500
⚖Crimen injuria (naamskending)
⚖Bestuur onder die invloed van alkohol
⚖Roekelose of nalatige bestuur.
🖌Die bedrag word vasgestel deur die SAPD, die borg word betaal en daarna word jy vrygelaat en gewaarsku om op ñ gegewe datum en tyd in die Hof te verskyn.
🖌Enige gearresteerde persoon moet so spoedig moontlik na ‘n polisiestasie gebring word en so gou moontlik daarna in kennis gestel word van sy reg om om borgtog aansoek te doen.
🖌Die gearresteerde persoon moet binne 48 uur ⏳na arrestasie voor ‘n laer hof gebring word. Indien die tydperk van 48 uur ⏳buite gewone hofure of op ‘n dag wat die hof nie sit nie verstryk, moet die gearresteerde persoon nie later as die einde van die volgende hofdag voor ‘n laer hof gebring word nie.